Welkom by Tros 883 se webtuiste!
883 Geskiedenis

Hierdie is die storie van Trossie 883. Sy doop name was Rinaldo Piaggio Portefino P166S en sy reeks nommer is 445. Hy was die derde Tros wat sy diens aan die SALM begin het in November 1969, aldus sy ‘Magsnommer’ 883.
Die Bevelvoerder van 27 Eskader op die tydstip was Kmdt. Vernon Kruger.
Kmdt. Vernon Kruger en Lt. Peter Dagg was na Italië om hulle Aanpassing op die P166S te kry en hulle kennis dan oor te dra aan die Vlieëniers wat afgedeel was aan 27 Eskader.
Op 12 November 1969, vlieg Lt. Johann Van Zyl (Smiley) en Lt. Peter Dagg (Instrukteur) met Tros 883, vir Lt. Johann Van Zyl se Aanpassing op die P166S.
Vroeë name van Vlieëniers wat betrokke was in die begin, (wat ons tot dusver kon naspoor) was:
Kmdt. Vernon Kruger (Bevelvoerder)
Lt. Peter Dagg
Lt. Johann Van Zyl
Lt, Eric Pienaar
Lt. Billy Du Rand
Ons sal die bg. opdateer soos ons inligting kry.
(Dankie aan Johann Van Zyl “Smiley” vir jou bydrae)
In 1990 het die Hoof van die Lugmag (Lt.genl. Jan Van Loggerenberg SSAS, SD, SOE, SM, MMM, ORB) planne uitgelê om sekere Eskaders te onttrek van diens, na ‘n Rasionalisering Program. 27 Eskader was een van hulle.
In 1993 het die SALM 16 van die 20 siviel verkoop aan Ace Express. (Een operasioneel verloor, twee gehou vir die SALM Museum en een op die paal by FAPE)
Hier kry 883 sy eerste siviele registrasie van ZS-NJY
Die eienaar van Ace Express (Beachyhead), verkoop toe die Trosse aan die privaat sector.

883 word na Ace Express, vir kommersielle doeleindes aangewend, veral “Charter” werk.
883 se volgende eienaar registreer hom toe as ZU-FPZ, wat sy huidige en tweede siviele registrasie is.
Elefante Branco(Pty)Ltd het 883 bekom na sy “Charter” werk en spandeer toe baie tyd en geld om hom te restoureer. Na drie jaar se wag en ‘n algehele transformasie, is 883 weer amper homself…..Binne, buite en motors is aandag gegee. Daar was amper nie ‘n ding wat nie vernuwe of vervang moes word nie.

Johan Lok by Warbird Aircraft Services (Wonderboom) het net so passie vir die ou Lugmag en ander “Vintage” vliegtuie. Hy en sy span onderhou 883 in die puik kondisie waarin hy homself vandag bevind.
Ons is Johan en sy personeel ewig dankbaar vir hulle toegewydheid en presisie.
Dis vir ons ‘n trots om met 883 te kan vlieg en so ‘n deel van ons SALM geskiedenis lewendig te hou.


Omtrent

Die Piaggio P166S was spesiaal vervaardig vir die Suid-Afrikaanse Lugmag.
Daar was 20 gelewer, en het die eerste een sy RSA debuut in 1969 gemaak.
Die SALM het hulle reeks nommers wat begin het by 881 tot en met 900 toegeken.
Die groot verskille tussen die P166S en sy jonger boetie, die P166B is…
1. Langer neus (vir die Radar) en Groter ‘Tip’-Tenks (vir uithou vermoee).
2. Die Hoof-Tenks vat 211l per kant en die ‘Tip’-Tenks vat 323l per kant.
Dus is die totale brandstof hou vermoë om en by 1070l.
Teen vol krag sal die Albatross vir net so 3ure in die lug kan bly, voor hy de-hidreer van ‘n brandstof tekort.
Teen so 45% krag (soos die SALM hulle gevlieg het), kan die Albatross vir so lank as 11ure in die lug bly… en dit is hoekom hy ook dan ‘n “kamerverlaat” aan boord het.
Wat Albatross 883 uniek van die ander 19 gemaak het, was die feit dat hy die enigste P166S was wat toegerus was met vuurpyl-lanseerders. Dit was ook nie vir lank nie, want dit was vir proewe om die vatbaarheid daarvan op die P166S te toets. Die projek is nie verder as toets fase aangevoer nie.

883 het nog die “letsels” van die toetse in die vorm van skakelaars wat om estetiese redes nie verwyder is nie.
